Menings oor Mulder

Roelf du Toit

“Dr Pieter Mulder se toespraak oor grondhervorming was uitstekend. Dankie, dr. Pieter vir die moed om die ware feite in die parlement te noem.”

Frik na Mulder se toespraak in die Parlement.

“Goeiemôre. Dr. Pieter Mulder se toespraak in die parlement was uitstekend. Sy optrede op Robinson Regstreeks net so goed. Dra my gelukwensing en seën aan hom oor. Baie dankie en mooi dag. Frik …”

Parliamentary journalist 2017

“Dear Dr Mulder

“I’d like to pass on my best wishes to you as you leave Parliament. What a momentous three decades it has been. I have always enjoyed my interactions with you as a journalist. 

“You were the consummate professional, always courteous, fair and balanced. Your speeches were always so well thought-out and presented and I enjoyed your dry but excellent sense of humour. 

“I’m sure the Freedom Front Plus and your Parliamentary colleagues across the benches will miss you very much.

“All of the best for the future. I hope you get some well-deserved rest and time with your family. Warm regards.”

Barbara… Bedanking na gesprek met groep Pretoria studente. 20 Junie 2003

Geagte Dr. Mulder

U het genoem dat u ’n Afrikaner, Suid-Afrikaner en ’n Afrikaan is.

U het my weer laat trots voel om ’n wit Afrikaan en belangriker, ’n Afrikaner, te wees.

Dankie en groete.

Martha …; Brief van dank na hulp vir haar seun wat onregverdig in ’n Afrika tronk aangehou is.

“Geagte Dr Mulder,

“Ek sal nooit genoeg dankie kan se vir alles wat U doen om my seun te help nie.

“Ons kan U nie genoeg bedank vir die terugvoer nie. Dit beteken so baie. Ons bid en vertrou die probleem sal spoedig opgelos word. Nogmals baie dankie..”

Leopold Scholtz; Netwerk24 Stemme; 10 Mei 2017; Praat eerder as om te saboteer.

“Tree liefs in gesprek met Hofmeyr en Mulder. Ek ken Hofmeyr nie en weet nie hoe vatbaar hy vir redenasies soos myne is nie. Mulder ken ek daarteenoor goed. Hy is ’n uiters rasionale en nugter mens met wie jy ’n beskaafde en intelligente gesprek kan voer. Dit help nie om sy standpunt te verdraai nie, soos die AEI gedoen het nie.”

Johan de ….. oor boek Kan Afrikaners Toyi Toyi?

“Ek het u boek klaar gelees. U het ‘n vol en ryk lewe, u is slim en belese met ‘n goeie humorsin en ‘n waardering vir die lewe.

“Die reise wat u onderneem neem het en die wedervaringe wat daarmee gepaard gaan is werklik uitsonderlik (Ek het toevallig onlangs baie gelees oor Wounded Knee— u besoek moes ‘n fantastiese ervaring gewees het). Groete, Johan”

Chris Chameleon –

“En daar was ek gisteraand by ‘n baie deftige geleentheid. Almal uitgevat, skemerkelkies in die hand. Rykes, invloedrykes, slim mense en baie slim mense. Nou kom ons draai nie doekies om nie: segregasie in Suid-Afrika gebeur nogal vanself. Gooi ‘n klomp Suid-Afrikaners van alle soorte saam in ‘n lokaal en kyk hoe gou hulle in hulle soort-soek-soort groepies inskakel. Nou-ja, so was dit dan gisteraand. Die verligte Kaapse media mensies het saamgekoek, die kunsaasvoëls elders, die geldmanne ook bymekaar ens. maar toe ek my laaste draaie gooi om gou hier en daar totsiens te sê, toe sien ek die uitsondering. Eenkant in ‘n hoekie bondel ‘n aantal ‘gekleurde’ mense saam — en daar is ‘n man wat met hulle praat, wat hulle toe sommer aan my voorstel — en die man was dr Pieter Mulder, leier van die vryheidsfront.”

Tim Du Plessis; Rapport; 6 Maart 2006; Afrikaners hou van die VF Plus.

“Die meeste Afrikaanse mense hou van die Vryheidsfront Plus.

“Hulle dink dr. Pieter Mulder is ‘n welbespraakte leier wat sy saak netjies stel. Amper te ordentlik om ‘n politikus te wees.

“Mulder en die ander leiers van die VF Plus het merkwaardig baie bereik om die party uit die as van die gestorwe Konserwatiewe Party en dié se noodlottige rassisme te omvorm tot ‘n moderne politieke party wat werd is om voor te stem.

“Mulder het ‘n robuuste realisme in sy party ingedril toe hy vyf jaar gelede in ‘n toespraak by die Vrystaatse Universiteit gesê het Suid-Afrika is al plek waar Afrikaans en Afrikaners sal oorleef. Nie Engeland, Nieu-Seeland of Kanada nie.

“En hy het vir sy mense gesê dit sal nooit goed gaan met Afrikaans as dit sleg gaan met Suid-Afrika nie. Daarmee het hy die basis gelê vir die VF Plus se unieke benadering tot opposisiepolitiek. En sy regse beeld afgeskud…”

“As die VF Plus én die DA Afrikanerkwellinge in die parlement opper, is die kanse baie goed dat die president en sy ministers eerder na die VF Plus as na die DA sal luister. Dis tipiese ANC-verdeel-en-heers-taktiek, maar dis die realiteit.

“Die VF Plus is ‘n “skoon” party — sonder oorlopers en ander skandemakers. So, daar is tientalle redes waarom Afrikaanse kiesers fluks vir die VF Plus moet stem.

“Maar hulle doen dit nie.”

Brahm du Preez, Parys; Beeld Briewe; 19 Des 2017; Dr. Pieter Mulder, dankie vir alles.

“Ek lees die naweek ’n onderhoud met dr. Pieter Mulder en ondervind ’n onverklaarbare hartseer.

“Hierdie man is nooit behoorlik waardeer nie en hy het ook nie die erkenning geniet wat hy toekom nie.

“Dr. Mulder het bykans 30 jaar die Afrikaner se belange in ’n onstuimige politieke omgewing gedien. Sy politieke loopbaan was onberispelik, sy intellek vlymskerp en boonop was hy ’n ware outydse heer. Die lofsange wat hy oor alle politieke partye heen ontvang het by sy Parlementsafskeid getuig van die respek wat hy geniet het.

“Daar was hope kritiek (van sy eie mense), oor sy besluit om as adjunkminister van landbou in die Zuma-kabinet te dien. Nietemin getuig die geskiedenis van talle suksesse en gevegte wat hy namens Suid-Afrika se boere gevoer het.

“Dr. Mulder, daar is ’n magdom Afrikaners wat vir u dankie wil sê. Dankie vir die eindelose stryd wat u onbeskroomd vir ons gestry het.

“Ons salueer ’n ware heer.”

Johanna van Eeden; adjunkredakteur van Beeld; 14 September 2020

“Dit moet een van die uitdagendste kwessies wees vir die leier van ’n opposisieparty: om ’n rol in die kabinet van die regerende party te aanvaar.

“Hoe balanseer jy jou belange? Hoe dien jy jou land sonder om jou kiesers te vervreem? Hoe besluit jy of dit die beste moontlike rol vir jou is?

“Dit is iets waarin dr. Pieter Mulder destyds as leier van die VF Plus geslaag het toe hy ’n pos as adjunkminister van landbou aanvaar het. Mulder het eers wyd in sy party gekonsulteer.

“As lid van die kabinet het hy dit op die een of ander manier reggekry om steeds uitgesproke en krities te wees in omstandighede wat dit vereis het, maar terselfdertyd het hy sy invloed gebruik om noodsaaklike kontak tussen verskillende rolspelers te fasiliteer.

“Mulder se benadering was dat jy ’n groter bydrae kan lewer indien jy deel bly van ’n gesprek.” (Vraag is of Patricia de Lille dit gaan regkry?)

Hanno Brief in Beeld, 5 Desember 2017

“Pieter Mulder praat sin en met waardigheid. Hy is die een wat my VF laat stem het. Ek is jammer om hom te sien gaan. Hy is een van die min politici met integriteit.”

Ilka, ’n skoolleerling na hulp met ’n taak.

“Dr. Pieter, Net ’n woord van opregte dank dat dr. te midde van ’n besige program, steeds tyd kon inruim om aan my as gewone skoolleerder soveel inligting te verskaf vir ’n Voortrekker-taak. 

“My ouers het werklik groot waardering daarvoor. My ma se eie woorde: “WOW – WAT ‘N PERSOON!”   Dit sê alles…. Nogmaals baie, baie dankie.”

Leopold Scholtz; Die Burger;  Sake van die Dag, Mei 2019

“Die vorige leier, dr. Pieter Mulder, het daarin geslaag om die party met sy aanhangers na die beskaafde politieke sentrum saam te sleep.”

Andre J…. na Mulder se uittrede as leier.

“Goeiemiddag Pieter

“Jou uittrede as leier was ’n ‘verrassende’ besluit alhoewel ek die indruk gekry het dat jy in hierdie rigting beplan het. Voorwaar nie ’n maklike besluit na 28 jaar in die parlement en 15 jaar leier van die VF Plus nie – en, daarby: ’n Suksesvolle Parlementêre/party-politieke loopbaan.

“Jou bydrae om die party lewensvatbaar en relevant te hou – en, 5de uit die menigte partye te eindig op 3 Augustus is opsigself ’n resultaat om op trots te wees.

“Ek weet hoe irriterend dit oor die jare moes wees om geprys te word en dan nie die stemme te kry nie maar jou beeld en jou integriteit by die breë kieserspubliek moet jy nooit onderskat nie. Die ‘dice’ van die Suid Afrikaanse politiek het net verkeerd geval weens omstandighede totaal buite jou en die party se beheer.

“’n Mens hoop maar dat die party vorentoe sal maai wat hy so lank saai om tot sy reg te kom. Gelukkig het jy en die party sterk mense om jou versamel wat hierdie geveg kan voortsit en wens ek hulle almal net die beste toe.”

Christo P… se reaksie na Mulder se optrede op Praat Saam op Radio RSG.

“Hartlik geluk met jou uitmuntende bydrae vanoggend in “Praat Saam” oor RSG. Dit was ‘n vreugde om na jou te luister: altyd positief, met weldeurdagte uitsprake, goed beredeneerde stellings, logiese en nugter denke en onweerlegbare feite. Doen so voort!”

Rapport, 5 Mei 2019.

“Pieter Mulder, as ’n charismatiese leier, is die grootste bate van die VF Plus.”

Renier Jansen van Rensburg

(Reaksie na video oor simboliek van Vryheidsmonument op Vereeniging 2020)

“Oom Pieter is ’n erfenis op sy eie — baie dankie. Leer ek vandag ook meer van ons Afrikaner se geskiedenis. Dink dit is ’n baie goeie ding. VF Plus moet meer sulke video’s maak oor ons verlede. Dat ons dit vir ons kinders en hulle kinders kan bewaar. Baie dankie ek waardeer dit. VF Plus maak my trots.”

Hennie Bothma (Beeld 29 Aug 2020)

(Reaksie op Mulder artikel oor ANC wat Wittes gebruik maar geen waardering het vir kundige Wittes wat hulle hulp aangebied het nie.)

“Dankie Dr Mulder dat jy die “guts” het om dit te sê en natúúrlik sal hulle jou nou as rassisties afmaak!”

Joey Strydom (Beeld 29 Aug 2020)

“Geagte Dr Mulder, Dankie vir ‘n puik stuk kommentaar in Beeld!

“Béter kan g’n denkende lojale Suid-Afrikaner hul frustrasie met hierdie hopelose regering en sy kornuite verwoord nie! Álles waaraan hulle raak, is gedoem tot vernietiging.”

Leopoldt Scholtz; Sake van die Dag; Die Burger 2019; Net ’n begin van al groter dinge.

Net soos Solidariteit uit die ekstreemregse Mynwerkersunie voortgespruit, maar verder ontwikkel het, kan die VF Plus nie meer die “sonde” van sy voorouers verwyt word nie… Die vorige leier, dr. Pieter Mulder, het daarin geslaag om die party met sy aanhangers na die beskaafde politieke sentrum saam te sleep.

Marius Schrenk: Rapport; 14/02/2021; Reaksie op geskiedenis artikel oor Vrede van Versailles 1919.

“Dankie Dr Mulder, jou kennis van die geskiedenis maak altyd goeie leesstof.”

 
error: Inhoud is beskerm!!