Die Russe het tot almal se verbasing in 1957 die eerste menslike voorwerp, Sputnik,  in die ruimte geplaas. ’n Belangrike deel van die koue oorlog in hierdie tyd was die propaganda-oorlog tussen Amerika en Rusland. Wie gaan die eerste man in die ruimte plaas, was nou die groot vraag. Die Amerikaners het hard probeer om die eerste man in die ruimte te plaas en so die Russe se sputnik oorwinning te kanselleer . Alan Shephard was veronderstel om op 20 Januarie 1961 van Cape Canaveral gelanseer te word. Hierdie vlug is op die nippertjie uitgestel. Mismoedig het Kennedy as Amerikaanse president gesê: “As iemand in die sestigs in die ruimte sal wees, sal sy naam Iwan wees!”

Sergei Korolejef was die hoof hoof vuurpylingenieur van die Russe. Hy het alles in die stryd gewerk om die Amerikaners te klop. Selfs ’n hartaanval vroeër die maand het hom nie van stryk gebring nie. Hy het een na die ander onbemande vlug die ruimte in gestuur om verskillende aspekte van so ’n vlug te toets.  Sommiges met ‘n pop geklee in ‘n ruimtepak in die kapsule. Ses opgeleide en ongeduldige Russiese ruimtevaarders het elke pop plegtig ’n naam gegee. “Iwan Iwanowitsj” was ’n vroeë gunsteling naam, waarskynlik om met Kennedy te spot.

Teen April 1961 was Korojelef tevrede dat ’n bemande vlug kon voortgaan. Op 8 April is aan die ruimtevaarders gesê dat die sending nou voortgaan en dat Joeri Gagarin die ruimteman sou wees. Joeri was 27 jaar oud. Die reserwe-ruimteman was Gherman Titof.

Die aand van 11 April 1961 het Gagarin en Titof in ’n eenvoudige houthut naby die lanseerterrein deurgebring. Hulle het na ’n rolprent gekyk, snoeker gespeel en gaan slaap.

Die volgende oggend is hulle om halfses wakker gemaak. Die dokter het hulle ondersoek en hulle het ’n “ruimte”-ontbyt geëet. Dit het uit buisies kos en koue swart koffie bestaan.

Hulle het hulle ruimtepakke aangetrek en met ‘n bussie na die lanseerblad vertrek. Onderweg, toe Gagarin die vuurpyl kon begin sien, het hy ’n nood ontwikkel en gevra dat die bussie moet stop. Hy het in sy volle mondering uitgeklim en met behulp van ‘n spesiale urinebuisie teen die regteragterwiel van die bussie geürineer.

By die lanseerblad is Gagarin met ’n hysbak na die kapsule geneem. Hy het vir die toeskouers gewuif en geroep: “Sien julle binnekort!” Hy het geduldig in die beknopte kapsule gesit en wag terwyl Korolejef en sy span buite koorsagtig met die laaste voorbereidings besig was. Na ’n uur het Gagarin gevra dat musiek oor die kapsule se luidspreker gespeel word. 

Buite het die spanning sy tol begin eis. Korolejef het begin borspyne kry en moes van sy hartpille drink. Om nege-uur was alles gereed. Die Wostok vuurpyl het effens in die ligte wind op die lanseerblad gewieg. Om sewe minute na nege het Korolejef die laaste aftelling begin doen en in Russies “Zazhyganiye” ignition LANSEER geskreeu! Dit was 12 April 1961, 9:07 Moskou-tyd. ’n Nuwe era in die mens se geskiedenis het begin. Joeri Gagarin sou wêreldberoemd word. Gherman Titof, wat as reserwe-ruimteman moes toekyk, sou onbekend bly.

“Pojechali!”  Dit beteken “Hier gaan ons!” in Afrikaans en word  Pajegele uitgespreek, het sr. lt. Joeri Gagarin oor die radio uit die kapsule van Wostok 1 in Russies uitgeroep. Die vuurpyl het stadig van lanseerblad 1 by Baikonoer opgestyg. Die G-kragte was oorweldigend (5 tot 6 G’s)  soos dit hom op sy rug in die kapsule vasgepen het.  Mark Shuttleworth, sou 41 jaar later van dieselfde plek opstyg om die eerste Suid-Afrikaner in die ruimte te word.

Binne minute was die kapsule in die ruimte. Vir die eerste keer het ‘n mens permanente gewigloosheid ervaar. Gagarin het by die patryspoort uitgekyk. “Ek sien die aarde! Ek sien wolke! Dit is pragtig!” het hy uitgeroep. Dit was ook die eerste menslike woorde wat in die ruimte geuiter is.

Die KGB, die Russiese geheime diens,  was bang dat die ruimtetuig ‘n atoomoorlog met Amerika kon begin. Die Amerikaners se verdedigings-opsporingstelsels sal die tuig kan waarneem. As die Amerikaners nie weet wat dit is nie, mag hulle dink dat dit ‘n Russiese ballistiese missiel is wat na die VSA op pad is. Hulle mag dalk net met ‘n atoom-missiel, wat op Rusland gemik is, reageer.  As oplossing het die Russiese geheime diens voorgestel dat die Russiese nuusagentskap Tass die vlug aan die wêreld bekend maak, sodra die tuig ‘n wentelbaan bereik. Op hierdie wyse hoor die Amerikaners dat, na Sputnik, hulle vir die tweede keer die ruimtereisies teen die Russe verloor het!

Gagarin het nie veel te doen gehad tydens die vlug nie. Alles was outomaties. Omdat die Russe bang was dat die kragte van die lansering en die gewigloosheid daarna ‘n ruimteman ernstig kon aantas, het Gagarin geen beheer oor die kapsule gehad nie. Alle bevele is vooraf vir die kapsule geprogrammeer. Slegs in ‘n noodgeval sou hy ‘n koevert moes oop maak waarbinne die kode was wat hy sou moes intik om beheer oor die kapsule te kry.

Die Russe het wel gewonder of ‘n mens sonder swaartekrag kon sluk en eet.  As ‘n eksperiment is Gagarin gevra om te eet  en sy hand oog koordinasie te toets.

Gagarin is tydens die vlug deur die Russe van sr lt na majoor bevorder.

Om ongeveer 10:15, toe Gagarin Afrika bereik, moes sy tuig se snelheid verminder word sodat hy in Rusland kon land. Twee kritieke vrae sou nou beantwoord word.  Sou die kapsule se hitteskild hou? Sou die  retrovuurpyle suksesvol afvuur word? Die outomatiese loods moes eers die kapsule omdraai. Dan kan die retro vuurpyle na voor afgevuur word. Die spanning by hoofkontrole en Gagarin het hoog geloop. By twee van die vyf toetsvlugte het die retro-vuurpyle nie reg gevuur nie en het die missies misluk. Hierdie keer werk alles reg. Die kapsule se spoed verminder en dit begin terugval na die aarde. Teen 17 000 mpu begin dit die atmosfeer binnedring. Gagarin ervaar 10 g’s en sien vlamme buitekant van die wrywing van die lug teen die kapsule teen daardie spoed. Sy hitteskild hou. Buite is die temp 2000 grade F, binne ‘n gemaklike 68 grade. moes is sy tuig se snelheid verminder en het hy begin om die atmosfeer binne te dring. Aanvanklik het Wostok erg getuimel omdat die agterste deel daarvan nie behoorlik ontkoppel het nie. Dit het eers na tien minute afgeval toe die drade deurgebrand het.

Die Russe het aangekondig dat Gagarin suksesvol met sy kapsule in Rusland geland het. Dit was ‘n leuen. Ongeveer 7 km (23 000 voet) van die grond het Gagarin Wostok in ‘n uitskietstoel verlaat en met ‘n valskerm na benede gesweef. Hierdie feit is eers 17 jaar later in 1978 amptelik bekend gemaak. Al die jare is geglo dat die kapsule met ‘n valskerm geland het. Die internasionale reëls vir lugvaartrekords het bepaal dat die loods van die begin tot die einde in sy tuig moes bly anders word die rekord nie erken nie. Die Russe was bang dat as hierdie reël toegepas sou word, sou Gagarin se poging nie as ‘n rekord of ‘n eerste erken kon word nie. Daarom die leuen dat hy met sy kapsule in Rusland geland het. In werklikheid het hy op 7 km met ‘n uitskietstoel uitgeskiet en met ‘n valskerm geland terwyl die kapsule hom te pletter ten die grond geval het.   

 Plaaswerkers het die valskerm gesien en nader gehardloop. Om vyf voor elf het Gagarin in ‘n omgeploegde land neergeplof. Die plaasmense het gedink die man in die helder oranje pak en valhelm is ‘n Amerikaanse spioen wat neergeskiet is. Die kleur van die oorpak is spesiaal so helder gekies sodat Gagarin duidelik gesien kan word nadat hy geland het. Die hele vlug het minder as twee uur geduur. Daarmee is die tydvak van die mens in die ruimte begin.

Na die vlug was Gagarin wêreldberoemd. Met sy terugkeer het hy gesê: “Nadat ek om die aarde gevlieg het, kan ek net sê dat dit fantasties is. Ek moet net sê dat ons hierdie kosbare aarde moet koester en beskerm.”

Hy het daarna by die Sojoes program aangesluit maar het nooit ‘n tweede vlug die ruimte in gedoen nie. Op 7 Maart 1968, twee dae voor sy 34 verjaarsdagop 34 jarige ouderdom is hy tragies in ‘\in ‘n vliegtuigongeluk dood. (Sommige bronne se 27 Maart) Hy was besig om as toetsvlieënier ‘n MIG-15  Russiese gevegsvliegtuig te toets. Hy is as ‘n Sowjet held langs die Kremlin se muur begrawe. Toekomstige ruimtemanne sou blomme op sy graf sit voor hulle ruimtereise.

Joeri Gagarin is op 9 Maart 1934 gebore. Sy pa was ‘n houthoutwerker carpenter op ‘n kommunistiese kollektiewe plaas. Joeri word ‘n vlieenier in die Russiese lugmag. na ‘n tydjie bied hy aan om ‘n ruimteman te word. Aanvanklik is 20 ruimtemanne opgelei maar weens ekonomiese redes is die groep tot ses verminder. As deelv an sy opleiding het hy 13 G’s in die (centrifuge) sentrifigale  moes en as deelv an die sielkundgie opleiding  moes hy 24 uur in ‘n stikdonker en klankdigte kamer sit.. Al hierdie toetse het hy met vlieënde vaandels geslaag.

Met lansering het hy in werklikheid binne in ‘n sardiensblik bo-op ‘n bom gesit.

Sy vlug het 108 minute geduur. en hy het ‘n maksimum hoogte van 327 km bo die aarde bereik.  Die maksimum spoed was 28 260 km / h.

Joeri is met Valya getroud en hulle het twee dogters gehad.

Die kapsule het kos en water vir 10 dae gehad. Daar is geglo dat die ruimteskip as gevolg van sy baan outomaties na tien dae sou terugkeer na die aarde.

‘n Krater aan die agterkant van die maan is na Yuri Gagarin vernoem.

Gagarin sou na sy reis na bewering gesê het: “Ek sien geen God hier nie. Ek het vir Hom gesoek, maar Hy is nie hier nie.”