Inleiparagraaf: Die Universiteit van die Vrystaat voer aan sy besluit oor die standbeeld van pres. MT Steyn skep nie ‘n verloor- of ‘n wen-situasie nie. Met so ‘n proses is daar riglyne nodig om te verseker daar is nie “wenners” en “verloorders” nie, skryf dr. Pieter Mulder.

Standbeelde, President Steyn en goeie verhoudinge.

Dr. Pieter Mulder, Voormalige Parlementslid en adjunk-minister.

November 2018

Net na 1994 se verkiesing is standbeelde van politieke leiers soos Verwoerd en Vorster links en regs verwyder. Dit het konflik veroorsaak en emosies aan alle kante opgejaag.

In reaksie hierop was daar debatte om riglyne te probeer opstel om te verseker dat daar nie net “wenners” en “verloorders” is nie,

As eerste riglyn is besluit om standbeelde uit die bevrydingstryd by te voeg en om eerder geografiese as politieke name te gebruik.

So is die Verwoerddam na die Gariepdam verander. Dieselfde met lughawens. Jan Smuts het Johannesburg Internasionale Lughawe geword en JBM Hertzog het Bloemfontein-lughawe geword.

Met standbeelde was daar druk om Louis Botha se standbeeld in Durban te verwyder.

Na die Bambatha-opstande in Natal in 1906 het die Britse owerhede die Zoeloe-koning Dinuzulu in aanhouding geplaas. Dit was ʼn vernedering vir die Zoeloes. Louis Botha was ʼn ou vriend van Dinuzulu wat hom teen hoofman Zibhebu gehelp het.

In 1910 word Botha die Eerste Minister van die nuwe Unie van Suid-Afrika. Een van sy eerste besluite was ʼn opdrag dat die Zoeloe-koning onmiddellik vrygelaat moet word.

Met hierdie geskiedenisargument het ons geslaag dat die standbeelde van Louis Botha en Dinuzulu vandag langs mekaar in Durban staan. Moet ons hierdie stukkie geskiedenis uitvee deur een van die standbeelde te verwyder, of kan ons iets oor stryd en versoening hieruit leer?

Voor die Britse parlement is ’n groot standbeeld van Oliver Cromwell. Cromwell het Charles I, die Britse koning laat onthoof, ’n republiek uitgeroep en op ’n tydstip selfs die parlement ontbind. Nogtans staan sy standbeeld voor die parlement wat hy ontbind het. Reg oorkant sy standbeeld is ’n borsbeeld van Charles I, wat hy laat onthoof het. Albei daar as deel van Britse geskiedenis.

Is dit nie moontlik om, soos Brittanje, ’n balans tussen die verlede en die hede te kry nie?

In ’n veranderende land is dit verstaanbaar dat sommige name of beelde uit die verlede vir ’n deel van die bevolking mag aanstoot gee. Waar daar eenstemmigheid is dat so ’n beeld of naam aanstoot gee, is dit wys om dit te verskuif of te verander. Waar so ’n beeld egter sterk emosionele betekenis vir ’n deel van die bevolking het, behoort ekstra sensitiwiteit te geld. Die groep wat geraak word behoort ’n groot mate van seggenskap oor die besluit te hê.

Tans, met ʼn nuwe geslag, het die 1994-debatte egter weer van voor af begin.

Die ooreenkoms dat lughawens geografiese en nie politieke name kry nie, het die regering intussen blatant verbreek. Ons is nou terug by die vernoeming van politici, maar eensydig net na die ANC kant toe. Die PAC het reeds gekla dat hulle helde geïgnoreer word. Johannesburg Internasionaal het OR Tambo geword; Bloemfontein het Braam Fischer geword

Suid-Afrikaners het weens vele redes ʼn verdeelde verlede. Suid-Afrika, soos ons hom vandag ken, het eers in 1910 tot stand gekom toe die Afrikaner deur die Anglo-Boereoorlog gedwing is om deel van Britse Suid-Afrika te word. Dit het daartoe gelei dat ons verskillende helde het. Ons moet ook aanvaar dat alle historiese figure omstrede is. Ek kan goeie en slegte argumente noem vir die meeste historiese Afrikanerfigure en figure van alle ander groepe in Suid-Afrika.

Voorbeeld: Durban lughawe is nou na Koning Shaka vernoem.

Koning Shaka sal vanweë sy wrede oorlogsverlede nie vandag met ʼn Nobel-vredesprys of ʼn menseregte-toekenning vereer word nie. Hy was egter die stigter van die Zoeloenasie en het so ʼn groot rol in Suid-Afrika se geskiedenis gespeel. Ek respekteer dit en daarom is daar nie beswaar gemaak toe die lughawe na hom vernoem is nie.

Ek beskou President Steyn as een van die stigters van die Afrikanernasie. Hy is een van my helde as ʼn vryheidsvegter teen kolonialisme en teen Britse heerskappy oor sy mense. Ek verwag dat dieselfde respek wat Koning Shaka gekry het, ook President Steyn en sy standbeeld toekom.

Volgens die ANC Vryheidsmanifes behoort Suid-Afrika aan almal, swart en wit. Die manifes se tweede artikel sê: “All people shall have equal right to use their own languages, and to develop their own folk culture and customs.”

Die boodskap wat ek en baie Afrikaners die afgelope weke gekry het, is: “Ons wil julle bydrae en belasting hê, maar julle erfenis, helde en kultuur is nie aanvaarbaar nie”. Watter ander boodskap stuur die verwydering van Steyn se standbeeld as dat wit en Afrikaanse studente nie by die UV welkom is nie? Al tweede beste oplossing wat nou oorbly, is om president Steyn na die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke te skuif soos die Steyn-familie en die Museum-direkteur Tokkie Pretorius vra.

As dit by die skuif van beelde en naamsveranderinge kom, swig swak leiers op alle vlakke dikwels voor ’n klein groepie ekstremiste.

Elke gemeenskap het ekstremiste wat na links of regs ekstremistiese uitsprake maak.

Wanneer is ʼn samelewing in die moeilikheid?

ʼn Samelewing is in die moeilikheid as ekstremistiese standpunte nie meer randverskynsels is nie maar na die politieke middel begin beweeg. Dit gebeur as leiers soos president Zuma nie meer ’n voorbeeld stel met sy uitsprake oor goeie verhoudinge nie of antwoorde soek hoe almal op ’n wen-wen manier geakkommodeer kan word nie. Gaan president Ramaphosa dit kan omdraai?

Die geskiedenis mag nie eensydig misbruik word om mense vir vandag se politiek te mobiliseer soos tans die geval is nie. Om dit te voorkom moet Suid-Afrikaners van alle ouderdomme deeglik opgevoed word in ʼn gebalanseerde geskiedenis wat alle kante se weergawes oordra.

Hoe lank na 1994 gaan steeds beelde verskuif word en name verander word teen baie groot kostes? Soos met grondeise behoort daar ’n afsnydatum hiervoor bepaal te word.

Riglyne soos hierbo is die enigste manier waardeur jy ’n situasie skep waar almal soos wenners voel en daar geen verloorders is nie.

’n Regering kan mense dwing om belasting te betaal. ’n Regering kan mense dwing om wette te gehoorsaam. Maar onthou — daar is geen manier hoe nasiebou op mense afgedwing kan word nie. As dit nie ’n vrywillige proses van alle deelnemers is nie, slaag dit nie.

Woorde 999

8888888Plaas dit by oorlogsmuseum vir boeerepublieke-tweede beste oplossing.

. Die groot dryfveer en fokus van sy loopbaan was om sy mense te bevry van Britse heerskappy.

maar ’n regering kan nie mense dwing om hulle denke te verander en vrywillig positief te wees en tot nasiebou by te dra nie.

. . Leiers van alle kante speel ʼn belangrike rol in die goeie verhouding tussen moet ʼn voorbeeld stel met hul uitsprake.

Die ANC Vryheidsmanifes verklaar: Suid-Afrika behoort aan almal, swart en wit.

Hierna is die Wet op die Beskerming van Nasionale Erfenishulpbronne, Wet 25 van 1999, as resultaat van die gesprekke op die wetboek geplaas. Dit het prosedures daar gestel oor hoe om erfenisstukke soos standbeelde voortaan te hanteer.

nie?

Wat van Louis Botha – ’n vorige Eerste Minister?

Die ANC Vryheidsmanifes sê Suid-Afrika behoort aan swart en wit. Die boodskap wat baie Afrikaners die afgelope weke gekry het, is: “Ons wil julle bydrae en belasting hê, maar julle erfenis, helde en kultuur is nie aanvaarbaar nie”.

Jy kan my nie so opdeel nie. Geen mens kan so opgedeel word nie.

Hier is ons voorstelle:

1. Die beskadiging van standbeelde is ʼn misdaad. Dit moet deeglik gepolisieer word, en daar moet streng teen oortreders opgetree word.

2mense en

3.

  1. 4. Voeg beelde by in plaas van verwyder om ʼn balans te bring en tevredenheid onder almal te verseker. In 1995 het ek in die parlement voorgestel dat ʼn standbeeld van mnr. Mandela by die parlement opgerig word. Die voorstel is met groot geesdrif ontvang, maar niks het gebeur nie.
  2. 3. Suid-Afrikaners van alle ouderdomme moet deeglik opgevoed word in ʼn gebalanseerde gesiedenis wat alle kante se weergawes oordra. Die geskiedenis mag nie eensydig misbruik word om mense vir vandag se politiek te mobiliseer nie.
  •  

b. ’n Afsnydatum om plekname te verander en ’n beperking op naamsveranderings voor ’n gegewe datum;

Leiers van alle kante speel ʼn belangrike rol in die goeie verhouding tussen moet ʼn voorbeeld stel met hul uitsprake.mense en

Die beskadiging van standbeelde is ʼn misdaad. Dit moet deeglik gepolisieer word, en daar moet streng teen oortreders opgetree word.

c. Gebruik die internasionale voorbeelde van dubbelname waar moontlik (KwaZulu-Natal);

d.

Die huidige politieke styl van vernietiging gaan nie probleme oplos nie, maar gaan nuwe konflik en verdeeldheid in ʼn diverse land skep. 

Die tyd het aangebreek vir verstandige en verantwoordelik Suid-Afrikaners van alle gemeenskappe om saam te staan teen radikale elemente wat onmin wil stook.

Mense wat ander se standbeelde en kultuurskatte vernietig, stel nie belang in vreedsame naasbestaan en ʼn toekoms vir almal in die land nie.

Voor die Britse parlement is ’n groot standbeeld van Oliver Cromwell. Cromwell het Charles I, die Britse koning laat onthoof, ’n republiek uitgeroep en op ’n tydstip selfs die parlement ontbind. Nogtans staan sy standbeeld voor die parlement wat hy ontbind het. Reg oorkant sy standbeeld is ’n borsbeeld van Charles I, wat hy laat onthoof het. Albei daar “because it’s part of our history”.

Dit is slegs mense met buitengewone selfvertroue, ‘n kollektiewe

gemaklikheid in hulle eie vel, wat sulke teenstrydighede in hul

nasionale identiteit kan aanvaar asof dit die natuurlikste ding op

aarde is.

Toe die Nasionale Party in 1948 aan die bewind kom, was daar sterk aandrang dat die skilderye van die Britse konings uit die parlement verwyder moet word asook Afrikaner “volksvyande” soos Rhodes, Jameson en Jan Smuts. Gelukkig het politieke volwassenheid geseëvier. Die skilderye het bly hang tot hulle in 1994 saam met al die ander skilderye deur die ANC verwyder is.

Daarom is dit belangrik dat ons almal sal kennis neem van die volgende bepaling in die Vryheidsmanifes:

Tweede artikel

 All National Groups Shall have Equal Rights!

In die gees van versoening na 1994 is byvoorbeeld ooreengekom om nie lughawens na politici of prominente persone van enige kant te vernoem nie. So is Jan Smuts lughawe na Johannesburg Internasionaal en JBM Hertzog na Bloemfontein verander.

Hierdie ooreenkomste is die laaste tien jaar blatant verbreek. Ons is nou terug by die vernoeming van politici en prominente persone, maar eensydig net na die ANC kant toe. Die PAC het reeds gekla dat hulle helde geïgnoreer word. Johannesburg het OR Tambo geword en Bloemfontein Braam Fischer.

In Brussel gaan hulle sover dat strate twee name het ten einde die Franse en Vlaamse bevolking te akkommodeer. Een van Brussel se hoofstrate is Wetstraat in Vlaams en Rûe de la Loi in Frans.

’n Tweede verdelende faktor is die benadering dat nasiebou afgedwing kan word.

Die titel van die fliek Invictus kom van ’n gedig wat Mandela in die tronk vir inspirasie gebruik het. Volgens die gedig kan jy enigiets met my doen, maar jy kan nie my denke met wette of geweld verander nie

Dit lyk of die huidige ANC geen les daaruit geleer het nie.

Sommige van hierdie riglyne moet wees:

a.  Verander name waar daar eenstemmigheid is dat dit aanstoot gee;

b. ’n Afsnydatum om plekname te verander en ’n beperking op naamsveranderings voor ’n gegewe datum;

c. Gebruik die internasionale voorbeelde van dubbelname waar moontlik (KwaZulu-Natal);

d. Ekstra sensitiwiteit en konsultasies met gemeenskappe en groepe wat deur die verandering van kultureel- of geskiedkundig-sensitiewe name geraak gaan word.

Die oplossing wat ’n meerderheid gewoonlik voorstel is dat die minderhede deel van die meerderheid moet word. “Ons verkry eenheid deur assimilasie,” is hulle resep. In die praktyk beteken dit dat die meerderheid die minderhede probeer insluk.

Alexis de Tocqueville het meer as 150 jaar gelede die dilemma van minderhede korrek opgesom: “Daar word van die minderheid verwag dat hulle deel van die meerderheid moet word,– maar hulle kan dit slegs doen as hulle die dinge laat vaar wat werklik vir hulle belangrik is (soos hulle taal en kultuur) en wat konflik tussen hulle en die meerderheid skep.”

’n Regering kan mense dwing om belasting te betaal. ’n Regering kan mense dwing om wette te gehoorsaam maar ’n regering kan nie mense dwing om hulle denke te verander en vrywillig positief te wees en tot nasiebou by te dra nie.

Malema se onwaarhede oor die geskiedenis moet met feite verkeerd bewys word. Om verskeie redes is min leiers of joernaliste bereid om met Malema oor hierdie sake te debatteer. Sy ekonomiese denkfoute moet uitgewys en gedebatteer word. Om as gevolg van politieke korrektheid debat te vermy, het die laaste paar weke die ekstremistiese standpunte status gegee en versterk.

Behoed ons almal as dit by ʼn verkiesing in die toekoms die hoofstroom standpunte word omdat die mense wat die goeie voorstaan, niks gedoen het nie.

Kom ek noem ʼn voorbeeld:

In die gees van versoening na 1994 is byvoorbeeld ooreengekom om nie lughawens na politici of prominente persone van enige kant te vernoem nie. So is Jan Smuts lughawe na Johannesburg Internasionaal en JBM Hertzog na Bloemfontein verander.

Hierdie ooreenkomste is die laaste tien jaar blatant verbreek. Johannesburg het OR Tambo geword en Bloemfontein Braam Fischer. en Durban is die lughawe herbenoem as Koning Shaka lughawe.

 (983 woorde)88888

nie  ʼn Studie van byvoorbeeld Hitler se Duitsland, Hugo Chávez se Venezuela of Mugabe se Zimbabwe illustreer dit goed.

Ekstra sensitiwiteit en konsultasies met gemeenskappe en groepe wat deur die verandering van kultureel- of geskiedkundig-sensitiewe name geraak gaan word.. ’n Deursigtige proses wat dit in ag neem behoort nog ’n riglyn te wees.

Louis Botha-Lughawe het Durban lughawe geword.

Dit is slegs mense met buitengewone selfvertroue, ‘n kollektiewe

gemaklikheid in hulle eie vel, wat sulke teenstrydighede in hul

nasionale identiteit kan aanvaar asof dit die natuurlikste ding op

aarde is.

soos standbeelde te hanteer. Suid-Afrika se leuse is ‘Eenheid in Diversiteit’. Wat beteken dit? Wat beteken hierdie ‘diversiteit’? Kan ek myself wees as ʼn Afrikaner in Suid-Afrika, of moet ek iets heeltemal anders word? Dit is tog onmoontlik. Diversiteit beteken vir my dat ek in Suid-Afrika myself kan wees. Is dit te veel gevra?

Suid-Afrika se leuse is ‘Eenheid in Diversiteit’. Wat beteken dit? Wat beteken hierdie ‘diversiteit’? Kan ek myself wees as ʼn Afrikaner in Suid-Afrika, of moet ek iets heeltemal anders word? Dit is tog onmoontlik. Diversiteit beteken vir my dat ek in Suid-Afrika myself kan wees. Is dit te veel gevra?

Daarom is dit belangrik dat ons almal sal kennis neem van die volgende bepaling in die Vryheidsmanifes:

 All National Groups Shall have Equal Rights!

 “There shall be equal status in the bodies of state, in the courts and in the schools for all national groups and races;

All people shall have equal right to use their own languages, and to develop their own folk culture and customs;

All national groups shall be protected by law against insults to their race and national pride;”

Ons hoor gereeld van die ANC dat Suid-Afrika aan almal behoort wat daarin bly, maar wat beteken daardie “behoort”? As Suid-Afrika inderdaad ook aan die minderhede behoort – dan moet minderhede ook ‘n sê hê. Minderhede betaal belastings, maar het geen sê oor hoe hulle geld aangewend word nie.

Die Vryheidsmanifes gaan voort deur te sê dat geen regering billik kan regeer sonder dat dit gebaseer is op die wil van al die mense nie. Nie die wil van die meerderheid nie, maar die wil van al die mense. Daarom moet minderhede ’n sê hê.

Groete

Gert

Tammy Wessels

VF Plus-jeugleier

25 November 2018

 Ons hoor gereeld van die ANC dat Suid-Afrika aan almal behoort wat daarin bly, maar wat beteken daardie “behoort”? As Suid-Afrika inderdaad ook aan die minderhede behoort – dan moet minderhede ook ‘n sê hê. Minderhede betaal belastings, maar het geen sê oor hoe hulle geld aangewend word nie.

Die Vryheidsmanifes gaan voort deur te sê dat geen regering billik kan regeer sonder dat dit gebaseer is op die wil van al die mense nie. Nie die wil van die meerderheid nie, maar die wil van al die mense. Daarom moet minderhede ’n sê hê.

Die verwydering van die standbeeld is simbolies dat wit en Afrikaanse studente nie by die UV welkom is nie.

Die redes wat die UV aanvoer vir die verwydering van Steyn se standbeeld, soos die nalatenskap van kolonialisme, wys dat die UV nie net onkundig is oor die geskiedenis van Suid-Afrika nie, maar ook ‘n instansie is wat weereens swoeg onder politieke druk.

Steyn was as Vrystaatse president ‘n vegter teen Britse heerskappy en kolonialisme in Suid-Afrika. Dit is telkens in gesprekke oor Steyn op die kampus uitgewys, maar die UV het dit geïgnoreer.

Die VF Plus-jeug het van die begin af voorgestel dat die UV eerder ander leiers se standbeelde moet byvoeg tot die landskap, as om bestaande standbeelde weg te neem.

Daarmee sou transformasie op die kampus op ‘n gesonde manier plaasvind en almal sou welkom voel.

Steyn se verwydering is ‘n eenrigting transformasie, wat eintlik blatante diskriminasie is. Die universiteit sê nou vir Afrikaanse studente dat hulle effektiewelik nie meer welkom is by die UV nie.

Naamsverandering in Suid-Afrika

Dr. Pieter Mulder, voormalige parlementslid

November 2018

“Hierdie man was ’n verraaier. Daarom is sy kop afgekap,” verduidelik die gids. As ’n afvaardiging van Suid-Afrikaanse parlementslede besoek ons die Britse parlement. Ons staan voor ’n skildery wat in een van die gange van die parlementsgebou hang.

Ek is berekend moedswillig en vra die gids: “As hy dan ’n verraaier was, waarom is die skildery nie verwyder nie?”

Die gids kyk my verbaas aan en antwoord: “Because it’s part of our history”.

My vraag en die antwoord was eintlik vir die ANC parlementslede bedoel. Al die skilderye van vorige speakers en staatsmanne in die Suid-Afrikaanse parlement is enkele maande voor hierdie besoek in opdrag van die ANC verwyder en na die Parlement se kelder geneem.

Voor die Britse parlement is ’n groot standbeeld van Oliver Cromwell. Cromwell het Charles I, die Britse koning laat onthoof, ’n republiek uitgeroep en op ’n tydstip selfs die parlement ontbind. Nogtans staan sy standbeeld voor die parlement wat hy ontbind het. Reg oorkant sy standbeeld is ’n borsbeeld van Charles I, wat hy laat onthoof het. Albei daar “because it’s part of our history”.

Toe die Nasionale Party in 1948 aan die bewind kom, was daar sterk aandrang dat die skilderye van die Britse konings uit die parlement verwyder moet word asook Afrikaner “volksvyande” soos Rhodes, Jameson en Jan Smuts. Gelukkig het politieke volwassenheid geseëvier. Die skilderye het bly hang tot hulle in 1994 saam met al die ander skilderye deur die ANC verwyder is.

Dieselfde debatte woed steeds in Suid-Afrika.

Watter riglyne kan help by die besluitneming oor die verwydering van skilderye of by die verandering van plekname?

Is dit nie moontlik om, soos Brittanje, ’n balans tussen die verlede en die hede te kry nie?

As eerste riglyn is dit billik dat plekname wat rassisties aanstoot gee met byvoorbeeld die K-woord in, verander moet word. So ook name in Afrikatale wat verkeerd gespel is.

Na onafhanklikheid is Leopoldville en Salisbury in Afrika se name verander na Kinshasa en Harare. Die riglyn was dat die mense na wie dit vernoem is, geen verbintenis met Afrika het nie en terug is na hulle oorspronklike lande in Europa.

Met dit as argument kon jy verwag dat plekname soos Durban, wat na Sir Benjamin D’Urban, en Kimberley, wat na Lord Kimberley van Brittanje vernoem is, eerste na 1994 verander sou word. As kolonialiste is hulle lankal terug na Brittanje met geen verdere verbintenis met Suid-Afrika nie. Dieselfde geld vir Victoria-Wes, King Williamstown, Queenstown en talle ander. Tog is daar nog nie aan hierdie name geraak nie terwyl hoofsaaklik Afrikaanse name verander is.

Daar is ’n groot verskil tussen die verandering van die naam Pampoenfontein en die naam Pretoria. Name soos Pretoria, Lydenburg en Pietersburg is gelaai met Afrikaner-geskiedenis en emosie. So is dit ook moeilik om te sien hoe name soos Warmbad en Nylstroom aanstoot kan gee. Die meeste Afrikaners sien hierdie naamsveranderings as ’n berekende klap in die gesig van die Afrikaner en sy geskiedenis.

In ’n veranderende land is dit onvermydelik dat sommige name uit die verlede vir ’n deel van die bevolking mag aanstoot gee. Waar so ’n naam wel sterk emosionele betekenis vir ’n ander deel van die bevolking het, behoort baie groter sensitiwiteit te geld en behoort die groep wat geraak word ’n groot mate van seggenskap daaroor te hê. ’n Deursigtige proses wat dit in ag neem behoort nog ’n riglyn te wees.

In Limpopo en Mpumalanga is meeste groot dorpe se name na 1994 verander. Daarteenoor het geen dorp in die Wes- of Noordkaap nog ʼn naamsverandering ondergaan nie.

’n Wes-Kaapse vriend vra my onlangs hoe ’n mens vanaf Pretoria na Messina ry. Hy moet ’n familietroue daar bywoon.

Ek verduidelik: “As jy Noord op die N1 ry kom jy eerste by Bela-Bela wat eers Warmbad was, daarna by Modimolle wat Nylstroom was en Potgietersrus wat nou Mokopane is. Na Mokopane kry jy Polokwane wat Pietersburg was en daarna Makhado. Verby Makhado kry jy Musina wat eers Messina was.”

“Waar is dié Makhado?” vra hy.

“Tussen Polokwane en Musina” probeer ek hulpvaardig wees.

“Wat het van Louis Trichardt geword?” vra hy.

“Makhado is Louis Trichardt,” antwoord ek.

“Huh,” reageer hy en vra: “Kan ek dalk na Messina vlieg?”

So ’n gesprek mag humoristies wees maar die implikasies vir die inwoners van dorpe wat so geraak word, is ingrypend.

Navorsing het bevind dat ’n naamsverandering ’n klein sake-onderneming ’n minimum van R60 000 sal kos. So ’n onderneming moet alle promosiemateriaal, briefhoofde, naamborde, advertensies op voertuie, drukwerk, ens verander. Die koste van kennisgewings aan alle kliente, aan alle verskaffers en die verandering van rekeninge is nie eens bereken nie. Vir ’n groot onderneming word hierdie bedrag op meer as R500 000 beraam.

Voeg hierby die koste om duisende padtekens, stadskaarte, atlasse, rekenaarnavigasieprogramme, ens. te moet verander.

In talle van hierdie dorpe is die hoofstrate se name skaars ’n jaar later ook verander wat beteken dat dieselfde kostes weer aangegaan moes word.

Tussen 1996 en 2010 is meer as 850 sulke geografiese plekname verander.

In meeste van hierdie gevalle was dit ANC raadslede wat skielik voor ’n verkiesing met kosmetiese naamsveranderinge hulle ongelukkige ondersteuners probeer paai sodat hulle weer herkies kan word.

’n Internasionale riglyn is dat verandering net terwille van verandering nie aanvaarbaar is nie.

Met ’n verkiesing op pad is Grahamstad se naam skielik vanjaar na Makhanda verander. Dit is die eerste prominente Engelse naam wat 24 jaar na 1994 verander word.

Dat dit duidelik verkiesingstyd is, blyk uit Ismail Vadi, LUR vir Vervoer in Gauteng, se aankondiging voor verlede week dat William Nicol rylaan na Winnie Mandela verander gaan word.

Die prys vir hierdie politiekery is baie duur in terme van geld en duur in terme van gesindhede en toekomstige verhoudinge in Suid-Afrika.

Hoe lank na 1994 gaan steeds name verander word met groot kostes vir nuwe padtekens en kaarte? Soos met grondeise behoort daar ’n afsnydatum vir naamsveranderinge bepaal te word.

In ’n ingewikkelde land soos Suid-Afrika behoort daar as riglyn eerder na kompromieë gesoek te word as wat een groep sy wil op die ander afforseer.

In die gees van versoening na 1994 is byvoorbeeld ooreengekom om nie lughawens na politici of prominente persone van enige kant te vernoem nie. So is Jan Smuts lughawe na Johannesburg Internasionaal en JBM Hertzog na Bloemfontein verander.

Hierdie ooreenkomste is die laaste tien jaar blatant verbreek. Ons is nou terug by die vernoeming van politici en prominente persone, maar eensydig net na die ANC kant toe. Die PAC het reeds gekla dat hulle helde geïgnoreer word. Johannesburg het OR Tambo geword en Bloemfontein Braam Fischer.

In Brussel gaan hulle sover dat strate twee name het ten einde die Franse en Vlaamse bevolking te akkommodeer. Een van Brussel se hoofstrate is Wetstraat in Vlaams en Rûe de la Loi in Frans.

Vir goeie verhoudinge is aanvaarbare riglyne soos hierbo genoem nodig by die verandering van name. Dit is die enigste manier waardeur jy ’n situasie kan skep waar almal soos wenners voel en daar geen verloorders is nie. Onthou — daar is geen manier hoe jy nasiebou op mense kan afdwing nie. As dit nie ’n vrywillige proses van alle deelnemers is nie, slaag dit nie.

1198 woorde

Elke gemeenskap het ekstremiste. Politieke ekstremiste wat na links of regs ekstremistiese uitsprake maak. Aborsie-ekstremiste skiet dokters in die VSA dood wat aborsies uitvoer.

Wanneer is ʼn samelewing in die moeilikheid?

ʼn Samelewing is in die moeilikheid as ekstremistiese standpunte nie meer randverskynsels is nie maar na die politieke middel begin beweeg om uiteindelik die meerderheid se standpunt te word. ʼn Studie van byvoorbeeld Hitler se Duitsland, Hugo Chávez se Venezuela of Mugabe se Zimbabwe illustreer dit goed.

In die paar weke na Winnie Madikizela-Mandela se dood, het ekstremistiese standpunt in Suid-Afrika nuwe status gekry en na die middel begin beweeg. Malema het nie van standpunt verander nie wat beteken dat die politieke spektrum na links beweeg het. Dit moet alarms laat afgaan.

Hoe het dit gebeur en kan ons voorkom dat hierdie standpunte later hoofstroom standpunte word?

As politici die geskiedenis gebruik, is dit altyd om hulle huidige politieke standpunte te versterk. Die geskiedenis word dan deur ʼn 2018 bril bekyk. Die konteks waarbinne gebeure in die verlede gebeur het, word gerieflikheidshalwe geïgnoreer.

Die beriggewing na Winnie Madikizela-Mandela se dood is ʼn perfekte voorbeeld hiervan. Sommige joernaliste se oordrewe polities korrekte hantering van Madikizela-Mandela se rol in die verlede, het in die hand van ekstremiste soos Malema gespeel.

Malema se weergawe van die geskiedenis is dat Winnie Madikizela-Mandela die ware vegter vir swartmense se regte was. As ʼn bedreiging vir die destydse ANC leiers is sy uitgeskuif en verdag gemaak. Die gevolg was dat Nelson Mandela ʼn swak skikking onderhandel het deur te veel aan die apartheidsregering toe te gee. Dit was ook sy fout om die wittes te vergewe

Watter standpunt gaan op die lang termyn wen?

Al wat nodig is vir die kwade om te wen, is dat mense wat die goeie voorstaan niks doen nie, volgens Edmund Burke.

Sokrates kan hierby gevoeg word waar hy gesê het dat kennis die goeie in mense na vore bring terwyl onkunde die kwade voed.

Malema se onwaarhede oor die geskiedenis moet met feite verkeerd bewys word. Om verskeie redes is min leiers of joernaliste bereid om met Malema oor hierdie sake te debatteer. Sy ekonomiese denkfoute moet uitgewys en gedebatteer word. Om as gevolg van politieke korrektheid debat te vermy, het die laaste paar weke die ekstremistiese standpunte status gegee en versterk.

Behoed ons almal as dit by ʼn verkiesing in die toekoms die hoofstroom standpunte word omdat die mense wat die goeie voorstaan, niks gedoen het nie.

Waar staan ons nou na die sosiale kohesie en nasiebou-beraad?

dr. Corné Mulder: VF Plus-LP en Hoofsweep

(Hierdie is ’n verkorte weergawe van dr. Corné Mulder se toespraak tydens die onlangse spesiale beraad oor sosiale kohesie wat plaasgevind het by die Walter Sisulu-plein, Kliptown, Soweto.)

Hierdie land is groot genoeg, met genoegsame potensiaal en geleenthede, om vir almal hier ‘n toekoms te skep — maar dan moet ons die beste resep vir ware sosiale kohesie en nasiebou hê.

Die aanhef van ons grondwet sê duidelik: “Ons, die mense van Suid-Afrika, glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.”

Dit is ’n baie sterk stelling. Indien hierdie stelling ernstig deur die regering opgeneem was, sou ons reeds sosiale kohesie gehad het en sou ons baie verder op die pad van nasiebou gewees het. Die blote feit dat daar ‘n ernstige behoefte aan ‘n nasionale beraad oor sosiale kohesie en nasiebou 18 jaar na 1994 is, is ’n duidelike aanduiding dat ons misluk het.

Suid-Afrika is een van die mees diverse gemeenskappe in die wêreld.

Verder het ons ’n verdelende verlede en verskillende perspektiewe op die geskiedenis. Ons is ook ekonomies vervleg en afhanklik van mekaar. Ons deel almal dieselfde geografiese gebied in Afrika, naamlik Suid-Afrika. Hierdie is ons almal se gemeenskaplike huis en tuiste.

Die grondwetskrywers het hierdie feite baie goed in 1995 besef toe die volgende advertensie orals deur die Grondwetskrywende Vergadering gebruik is:

“Suid-Afrika: 20 miljoen vroue; 18 miljoen mans; 8 gelowe; 25 kerkgroepe; 31 kultuurgroepe; 14 tale; 9 rassegroepe; 1 land.”

Ek glo ook in eenheid in diversiteit, maar ons moet ophou om net oppervlakkige lippetaal daaraan te betoon en dit werklik respekteer en akkommodeer. Die huidige resep vir sosiale kohesie en nasiebou, soos sedert 1994 toegepas is, het misluk. Dit sal aanhou misluk omdat dit net een deel van die waarheid van hierdie land en sy mense beklemtoon.

Tydens verlede week se beraad is telkens in die soeke na die gemeenskaplike teruggeval op sport. Sport is baie belangrik en kan ‘n groot rol speel, maar ware nasiebou en sosiale kohesie sal nie slaag indien ons bloot voortgaan om van een sporthoogtepunt tot die volgende een te struikel sonder om suksesvol ’n ware sin van behoort onder alle mense te skep nie. Dit het begin met die Rugbywêreld-beker in Suid-Afrika in 1995. Daarna was dit die Krieketwêreld-beker in 2003. Kaapstad se onsuksesvolle Olimpiese bod het in 2004 gevolg. Daarna was dit die Fifa Sokkerwêreldbeker in 2010. Elke keer het ons ’n oplewing van nasionale trots beleef, net om kort daarna weg te kwyn en in die sand weg te loop.

President Zuma het in sy openingstoespraak na die lekker gevoel van saamwees tydens die 2010 Fifa Sokkerwêreldbeker as die ideaal verwys. Wat het daarvan geword ? Hierdie kunsmatige proses van nasiebou sal nooit daarin slaag om ’n langdurige gevoel van behoort en ware nasiebou onder die mense en gemeenskappe binne Suid-Afrika teweeg te bring nie. Daarom was dit so maklik vir Julius Malema om telkens ons gemeenskappe totaal te polariseer met sy opruiende stellings. Dit is ook die rede hoekom ons gemeenskappe so maklik gepolariseer is toe die sogenaamde “Spear”-skildery sy verskyning gemaak het. Ons kan soveel sportgebeurtenisse hê as wat ons wil, maar dit sal nooit ’n langdurige en volhoubare gevoel van samehorigheid en behoort skep, of ’n ware plek vir almal in die son skep nie.

Ons almal weet dat daar ’n politieke meerderheid in Suid-Afrika is, maar dit is ook waar dat ons oor verskeie minderhede beskik, insluitend politieke minderhede. Dit is ook deel van die volle waarheid van Suid-Afrika. Daarom is dit belangrik dat ons almal sal kennis neem van die volgende bepaling in die Vryheidsmanifes:

 All National Groups Shall have Equal Rights!

 “There shall be equal status in the bodies of state, in the courts and in the schools for all national groups and races;

All people shall have equal right to use their own languages, and to develop their own folk culture and customs;

All national groups shall be protected by law against insults to their race and national pride;”

Suksesvolle sosiale kohesie en nasiebou sal net slaag indien ons regte eenheid in diversiteit het. Dit sal slegs slaag indien dit gevestig word op ’n werklike beter lewe vir almal in die ware sin van die woord en dit nie net ‘n slagspreuk bly nie. Wanneer die begrip “almal” werklik “almal” sal beteken en ook minderhede insluit. Wanneer gelyke geleenthede, gelyke geleenthede vir almal beteken. Wanneer nie net die kinders van die meerderheid nie, maar ook die kinders van alle minderhede, weet dat daar nie teen hulle gediskrimineer sal word oor hierdie of daardie rede nie.

Ons hoor gereeld van die ANC dat Suid-Afrika aan almal behoort wat daarin bly, maar wat beteken daardie “behoort”? As Suid-Afrika inderdaad ook aan die minderhede behoort – dan moet minderhede ook ‘n sê hê. Minderhede betaal belastings, maar het geen sê oor hoe hulle geld aangewend word nie.

Die Vryheidsmanifes gaan voort deur te sê dat geen regering billik kan regeer sonder dat dit gebaseer is op die wil van al die mense nie. Nie die wil van die meerderheid nie, maar die wil van al die mense. Daarom moet minderhede ’n sê hê.

Ware sosiale kohesie en nasiebou sal slegs slaag indien ons die realiteite van Suid-Afrika aanvaar en daarop bou. Minderhede is deel van hierdie realiteit. Minister Dlamini-Zuma se standpunt tydens die beraad naamlik dat minderhede by die meerderheid moet aansluit en ophou dink hulle verdien “aparte en spesiale” behandeling, getuig van arrogansie en tipiese meerderheidsdenke. Geen minderheid het vir “aparte en spesiale” behandeling gevra nie. Minderhede is moeg daarvan om juis nie gelyk behandel te word nie en gedurig vir ANC mislukkings geblameer te word. Die toets vir ’n ware grondwetlike demokrasie is hoe jy die minderhede en al die gemeenskappe in die land akkommodeer. Suid-Afrika en die ANC sal aan hierdie toets nie kan ontsnap nie.

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe het misluk. Die Kommissie het nog niks gedoen om die regte van minderhede en gemeenskappe te bevorder en te beskerm nie. Indien ons ernstig is oor sosiale kohesie en nasiebou, het die tyd geword om ’n nuwe ministerie vir minderheidsaangeleenthede te skep. ’n Toegewyde departement wat ’n sin van behoort sal vestig en wat daarin sal slaag om die groeiende gevoel van vervreemding, wat tans ervaar word deur minderhede en gemeenskappe, uit te roei.

Suid-Afrika behoort te bestaan uit ‘n sterk nasie van gelukkige nasies. ‘n Suid-Afrika bestaande uit gelukkige, vooruitstrewende en vreedsame gemeenskappe, minderhede en mense. ‘n Suid-Afrika waar niemand vervreemd voel van sy/haar geboorteland nie. Waar daar ‘n plek onder hierdie pragtige Afrika-son is vir almal se kinders. Dit kan gedoen word.

1084

’n Tweede verdelende faktor is die benadering dat nasiebou afgedwing kan word.

Die titel van die fliek Invictus kom van ’n gedig wat Mandela in die tronk vir inspirasie gebruik het. Volgens die gedig kan jy enigiets met my doen, maar jy kan nie my denke met wette of geweld verander nie

Dit lyk of die huidige ANC geen les daaruit geleer het nie.

Louis Botha was een van die helde na die Anglo-Boere-oorlog met sy pogings om Britse Imperialisme in Suid-Afrika te keer. Die Britse owerhede het in 1908 die Zoeloekoning Dinuzulu in die tronk gegooi. Een van die eerste goed wat Louis Botha as nuwe Eerste Minister in 1910 gedoen het, was om opdrag te gee dat hy vrygelaat moet word. Vandag staan Dinuzulu en Louis Botha se standbeelde uit erkenning hiervan langs mekaar in Durban.

Elke keer as ek in Pretoria verby die straatnaamveranderinge ry en sien hoe die ANC ’n rooi streep deur Louis Botha se naam getrek het, is ek opnuut kwaad. Ek beleef dit as die miskenning van my helde en geskiedenis.

Daar is geen manier hoe jy nasiebou op mense kan afdwing nie. As dit nie ’n vrywillige proses van alle deelnemers is nie, slaag dit nie.

Die regte nasiebouresep is om die verskillende identiteite as ’n bate te sien en te erken. Daardeur skep jy ’n situasie waar almal soos wenners voel en daar geen verloorders is nie. “Ons kan lief wees vir wie en wat ons is, sonder om te haat wie en wat ons nie is nie,” het Kofi Annan dit goed opgesom.

Ek vra ruimte om myself in Afrika te wees. Dat daar ook ’n plek vir my, my taal en erkenning aan my helde sal wees. Is dit te veel gevra?

Die voorwaarde is dat ons wat na Uhuru in Afrika agtergebly het, ons identiteit moet vind in ons verhouding met Afrika.

Prof. Doehring van die Max Plank Instituut in Duitsland het hulle Europese navorsing hieroor soos volg opgesom: “Dit is duidelik dat die nasies en volke van Europa nie omgee om deel te word van die groter Europese vrugteslaai nie, mits elkeen toegelaat word om sy identiteit te behou as of ’n piesang of ’n lemoen binne die vrugteslaai.”

“Die stam moet sterf vir die nasie om te leef,” was die mislukte resep in baie Afrikastate. Vandag is baie van hierdie “nasies” dood maar die stamme baie lewendig.

Ons keuses:

*Die Malema verdeel-resep of die Mandela uitreik-resep;

*Die mislukte Afrika assimilasieresep of die suksesvolle Europese resep.

Ek kies die Europese resep waar alle identiteite met wedersydse respek waardeer word en deur wette, minderheidsregte en selfbeskikking geakkommodeer word.

Maar die Afrikaner het as Europeer agtergebly, en kan hom nie onttrek

nie. Hy het in Afrika wortel geskiet…

Dis iets nuuts: die eerste Europese volk wat sy identiteit moet vind

in sy verhouding met Afrika.

4. Afrika se grootste stryd is ‘n stryd om sy selfrespek te herwin.

(Afrikaners ken dit want ons het dieselfde pad geloop nadat die

Engelse ons oorwin het en ons minderwaardig laat voel het.)

Assimilasie as mislukte oplossing

Die oplossing wat ’n meerderheid gewoonlik voorstel is dat die minderhede deel van die meerderheid moet word. “Ons verkry eenheid deur assimilasie,” is hulle resep. In die praktyk beteken dit dat die meerderheid die minderhede probeer insluk.

Alexis de Tocqueville het meer as 150 jaar gelede die dilemma van minderhede korrek opgesom: “Daar word van die minderheid verwag dat hulle deel van die meerderheid moet word,– maar hulle kan dit slegs doen as hulle die dinge laat vaar wat werklik vir hulle belangrik is (soos hulle taal en kultuur) en wat konflik tussen hulle en die meerderheid skep.”

’n Regering kan mense dwing om belasting te betaal. ’n Regering kan mense dwing om wette te gehoorsaam maar ’n regering kan nie mense dwing om hulle denke te verander en vrywillig positief te wees en tot nasiebou by te dra nie.

Genl Hertzog, een van die Boereleiers tydens die Anglo Boereoorlog skryf: “die enigste Afrikaner met wie die Engelssprekende kan saamwerk, is die een wat oogluikend al sy regte prysgee om Engelse ‘oorgevoeligheid’ nie te kwes nie en so aanvaarbaar te word!”

(Die Britse en Franse koloniale geskiedenis is vol voorbeelde waar hierdie metode as oplossing voorgestel en misluk het.)

President Mandela het die besluit om die Springbokembleem af te skaf, omgekeer en mevrou Verwoerd in Orania gaan besoek as ’n slim versoeningsgebaar.

Sommige van hierdie riglyne moet wees:

a.  Verander name waar daar eenstemmigheid is dat dit aanstoot gee;

b. ’n Afsnydatum om plekname te verander en ’n beperking op naamsveranderings voor ’n gegewe datum;

c. Gebruik die internasionale voorbeelde van dubbelname waar moontlik (KwaZulu-Natal);

d. Ekstra sensitiwiteit en konsultasies met gemeenskappe en groepe wat deur die verandering van kultureel- of geskiedkundig-sensitiewe name geraak gaan word.

Amper ’n 1000 plekname is alreeds in Suid-Afrika verander. Teen die meeste van hierdie naamsveranderings het die VF Plus geen teenkanting uitgespreek nie.

Vind nasiebou net tussen individue plaas of speel groepe die belangrikste rol? As sommige groepe wenners en ander verloorders is, is dit suksesvolle nasiebou?

Skeur jou los van jou eie nasie af en verwonder jou dat die ander

nasies nie oormekaar val om jou in te neem nie. CJ langenhoven

Twee voorbeelde: Waar ons elf tale en geskiedenis die ryke verskeidenheid bevestig, word dit tans ernstige verdelende faktore omdsat die verkeerde resep toegepas word.

’n Regering kan mense dwing om belasting te betaal. ’n Regering kan mense dwing om wette te gehoorsaam maar ’n regering kan nie mense dwing om hulle denke te verander en vrywillig positief te wees en tot nasiebou by te dra nie.

Dieselfde geld vir Suid-Afrika. Suid-Afrika nie ’n of/of land nie, of ’n Suid-Afrikaner of ’n Afrikaner of ’n Christen nie. Dit is ’n en-en land. ’n Suid-Afrikaner en ’n Afrikaner en ’n Christen.

Terwille van vrede en harmonie moet dit moontlik wees om beide te wees. Indien ons nie slaag om hierdie balans te verkry nie, sal daar aanhoudend probleme opduik.