Volgens die redakteur van Beeld, Adriaan Basson, was een van die laagtepunte van die verkiesing my “aanval” op Bobby van Jaarsveld.

Ek sou reken die ANC se hantering in die parlement van die Nkandla verslag of die DA se oneerlike sms’e was laagtepunte van die verkiesing.

Ek het ook nie vir Bobby “aangeval” nie. Natuurlik kan hy stem waar hy wil. Maar Bobby het een van die DA se oneerlike en feitlik verkeerde sms’e waarin ek en die VF Plus aangeval word aan sy 100 000 volgelinge getweet. Ek kon dit nie daar laat nie en het myself en die VF Plus verdedig. Toe vee Bobby die oorspronklike tweet uit en laat myne. Ek het ’n screenshot daarvan.

Dit bly altyd ’n risiko vir ’n kunstenaar om kant in ’n verkiesing te kies – veral as hy dan nog met argumente die debatte ook betree. Daardeur stal hy uit hoe ingelig of oningelig hy is en verdeel hy sy ondersteuners met sy keuse. Verskeie goueplaatkunstenaars het aan my persoonlik oorgedra dat hulle hierdie keer vir die VF plus gaan stem. Omdat ek hulle wêreld verstaan het ek dit vertroulik gehou en dit nie misbruik om so ekstra stemme vir die VF plus te probeer kry nie.

Adriaan Basson skryf verder in sy artikel oor die verkiesing dat Afrikaanses nie wil stem vir ’n party wat hom beywer vir minderheidsregte nie. Sy gevolgtrekking is dat ’n party soos die VF Plus daarom nie meer bestaansreg het nie.

Hoe moet die VF Plus se groei in die 2014 verkiesing dan verklaar word?

Die VF Plus se groei kan net verklaar word omdat meer en meer Afrikaners, Afrikaanses en ook lede van ander minderheidsgroepe besef ’n party soos die VF Plus het bestaansreg en is nodig om in ’n land soos Suid-Afrika hulle belange te beskerm.

Die wat vir die DA gestem het, het nie soseer teen minderheidsregte gestem nie maar het om allerlei ander redes DA gestem. So het van hulle die oneerlike DA propaganda geglo dat ’n DA oorwinning in byvoorbeeld Gauteng ’n besliste moontlikheid is. “Gauteng is op ’n mespunt tussen die DA en ANC” het een DA-sms gelei. Dit terwyl die ANC 22% meer stemme as die DA in Gauteng gekry het.

29 partye het aan die verkiesing deelgeneem. 13 het dit tot in die parlement gemaak. Die VF+ het sewende gekom, 13% gegroei en ’n setel bygekry. Net drie partye, DA, UDM en VF+ het sedert 2009 gegroei. Ek dink dit is ’n sukses.

Die VF Plus het gegroei nieteenstaande ’n R100 miljoen DA propagandaveldtog net in Gauteng. Hiervan is etlike miljoen rand spandeer aan ’n veldtog wat net op die VF Plus en op my persoonlik gemik was. Die veldtog het bestaan uit DA-radio-advertensies, pamflette en sms’e wat allerlei onwaar feite aan die kiesers oorgedra het. Daarom het ek groot waardering vir die ou en nuwe VF Plus ondersteuners wat ongeag hierdie aanslag steeds lojaal aan die party gebly het.

Die VF Plus het ook gegroei nieteenstaande groot frustrasies met van die Afrikaanse media wat nie die VF Plus boodskap op ’n gelyke basis met ander partye uitgedra het nie. Talle voorbeelde hiervan kan genoem word.

Is die einde van die ANC nou naby?

Die uitasem berigte in Beeld en ander Afrikaanse koerante na die uitslae bekend is, het die indruk geskep dat ons twintig jaar na 1994 naby aan die einde van die ANC-bewind is en aan die begin van die DA se regeertydperk staan. Ongelukkig is dit ’n mistasting.

As persentasiegewys na die uitslae gekyk word, het ons net mooi ’n volle sirkel vanaf 1994 voltooi.

In hierdie verkiesing 2014 het die ANC 62% en die DA 22% gekry.

In 1994 het die ANC 62 % gehad en die NP en DP saam — ook 22% (NP 20,3% en DP 1,7%).

Ons is dus net presies terug waar ons in 1994 was — eintlik slegter af.

Hoekom slegter af?

Omdat ons Mandela met Malema vervang het.

Mandela, wat in 1994 uitgereik het na alle minderhede, Afrikaners ingesluit, is in 2014 vervang met ’n jong radikale sosialistiese Malema wat in alles behalwe versoening belangstel. Hierdie Malema het 6% stemme gekry wat nie by die DA kant bygetel kan word vir ’n uiteindelike stembus-oorwinning nie.

Daarom gaan die DA nie binnekort by die stembus wen teen die ANC soos Basson en ander onrealistiese kommentators droom nie.

Hoekom nie?

Omdat die meerderheid ANC ondersteuners se waardes nader aan Malema as aan Zille is.  As dit korrek is, kyk ons na ’n toekoms waar dit dalk eerder die EFF is wat eendag die ANC by die stembus sal wen met as ’n tussenin fase ’n ANC/EFF koalisie. Dit maak minderheidsbeskerming en ’n party soos die VF Plus ’n noodsaaklikheid en ’n versekeringspolis vir die toekoms. Deur VF plus te stem is die kieser seker sy belange word behartig en hy stem teen die ANC-EFF kombinasies omdat die VF Plus in koalisies met die DA teen die ANC glo.

Volgens Basson het Suid-Afrikaners DA gestem oor ons gemeenskaplike belange. Natuurlik het Suid-Afrikaners gemeenskaplike belange.

Maar — soos die DA groter word, is dit onvermydelik dat dit nie meer die belange van al die groepe wat dit ondersteun kan behartig nie. Die meerderheid in die DA sal steeds meer eis dat hulle spesifieke belange prioriteit moet geniet. Die feit dat Suid-Afrikaners ook spesifieke belange as lede van minderheidsgroepe het, lei dan skade.

As bruin bewaarders as gevolg van regstellende aksie nie aanstellings in die Weskaap kry nie, raak dit bruines se lewe ingrypend.  Dieselfde vir die Indiermeisie wat met 88% en agt onderskeidings nie vir medies gekeur word nie omdat sy nie swart genoeg is nie.  So is daar talle Afrikaanse ouers wat bekommerd is dat daar in die toekoms nie meer ’n oorwegend Afrikaanse universiteit gaan wees waar hulle kinders kan gaan studeer nie.

Daarom gaan partye wat minderheidsbelange behartig altyd daar wees en ’n steeds groter rol in die toekoms speel. As jy deur ’n taal en kultuurbril kyk is ons almal deel van minderheidsgroepe met die 22% Zoeloes die grootste minderheidsgroep.

Die toekomstige debat en stempatrone sal gaan oor hoe ons hierdie waarhede van Suid-Afrika aanspreek. Die eenvoudige demokrasie-model, waar drie wolwe en ’n skaaplam om ’n tafel sit en demokraties stem om die skaaplam vir aandete te eet, is nie die antwoord nie. Die moderne wêreld beweeg tans polities weg van hierdie eenvoudige meerderheidsmodel na ingewikkelder modelle wat minderhede beskerm en akkommodeer. Demokrasie-modelle waar die skaaplam aan die stelsel deelneem, sy belange aandag kry en hy teen die wolwe beskerm is.

Dit is jammer dat Basson hierdie moderne internasionale debat oor modelle en minderheidsregte duidelik nie volg of verstaan nie en daarom alles oorvereenvoudig tot ou apartheidsmodelle.

Die toekoms sal bewys watter denkrigting reg was. My benadering of syne. Daarom versoek ek Basson om sy rubriek uit te knip of te “save”. Politiek gaan oor die vermoë om oor die politieke bult te kan sien die toekoms in. Oor twintig jaar sal ons weet wie reg of verkeerd was. Dan moet hy die rubriek kan uithaal want ek wil nie weer by ’n punt kom waar niemand ooit NP of DA in die verlede gestem of ondersteun het nie!

Volgens Basson gaan Suid-Afrika die uitsondering wees? Of is ons net polities agter soos altyd?

Een van die laagtepunte van vanjaar se verkiesing was die nydige SMSe wat teen die VF+ uitgestuur is.   Bobby het so ‘n oneerlike DA propaganda-SMS wat  Pieter Mulder en die VF+ aanval, getweet aan sy 100 000 volgelinge. Mulder kon dit nie net laat nie en moes homself en die party  verdedig. Toe vee Bobby sy oorspronklike tweet uit en net Mulder s’n bly. Dit het dus nie primer daaroor gegaan dat  Bobby DA stem nie. Daar is ‘wel ‘n “screen shot” van die tweet.

As hy dan argumenteer dat die omdat soveel Afrikaners vir Maimane in Gauteng gestem het dit ’n bewys is dat Afrikaners teen minderheidsregrte is, illustreer hy sy totale onbegrip van minderheidsregte.

Om te ontken dat daar minderheidsgroepe in Suid-Afrika is wat spesifieke belange het, ontken die SA werklikheid. Wat is die antword. Dit wat VF se….

(algemene belange) en dat is luukses vir daardie familie.

Om ’n Afrikaanse joernalis te wees, is een van die mees beskutte beroepe tans in Suid-Afrika. Jy sien en skryf oor al die veranderinge maar omdat jy by een van die min Afrikaanse instellings in die land werk, is dar ’n ingeboude beskerming. Jy kan in Afrikaans skryf en werk. Meeste werkende Afrikaansprekendes ervaar die daaglikse frustrasies wat regstellende aksie en swart bemagtiging veroorsaak. Geen bevordering, onbekwame werknemers wat jy eers oplei om dan jou baas te word; tenders wat duurder as joune is word aan minder bekwame maatskappye toegeken, ens.

Hy verduidelik minderheidsregte baie naby aan apartheid, Dit het niks met ’n swart Gautengse leier te doen nie.

777777.

(Hulle het ’n verantwoordelikheid om nie onrealistiese verwagtinge by hulle lesers te wek nie.)

Moenie al jou geld op een perd plaas wat nie werklik ‘n kans het nie. Minderheidsregte is.

” het Hulle het nie verstaan dat jy teen die ANC en vir die VF kan stem.rwinnig mislei  om te glo dat hulle nie ‘n keuse het nie)

en wat die dag voor stemdag ’n berig oor Bobby wat DA stem plaas, ens.

Die SAUK Afrikaanse TV nuus en KykNet het die VF Plus grootliks in sy nuusbulletins geignoreer. KykNet het ook geen TV-advertensies toegelaat nie.

Ons het lang debatte met Beeld se redaksie gevoer wat byvoorbeeld weens “tegniese misverstande” die VF Plus se manifesbekendstelling in die koerant geignoreer het. Beeld het ’n sewe kolom foto van die DA-leiers se besoek aan Solidariteit geplaas maar weens “sekere faktore” nie die VF plus se soortgelyke besoek as nuuswaardig genoeg beskou vir ’n berig in die gedrukte koerant nie. Drie weke voor die verkiesing het ’n DA lid inligting oor die DA-LP Juanita Terreblanche se tugverhoor oor die beweerde misbruik van geld gelek. Hoewel Beeld al die inligting het, het hulle berekend gewag tot na die verkiesing om die berig te plaas; ens.

Adriaan Basson sê die meeste Afrikaanses wil nie stem vir ’n party wat hom beywer vir minderheidsregte nie. Ek sê die VF+ se groei kan net verklaar word deurdat steeds meer Afrikaanses, maar ook ander minderheidsgroeplede, besef op die lang termyn is ’n party soos die VF+ nodig om hulle belange te beskerm.

Tans is ons albei reg. Elkeen met sy eie interpretasie van die verkiesingsuitslag. Die toekoms sal bewys watter denkrigting meer reg was. Daarom my versoek aan Basson. Knip uit of “save” hierdie debat. Politiek gaan oor die vermoë om oor die politieke bult te kan sien. Oor twintig jaar, as hy ook kinders het en nie meer redakteur van Beeld is nie, moet hy dit weer lees.

Hopelik kan ons oor twintig jaar weer hierdie gesprek met mekaar voer en dan teenoor mekaar erken wie was reg en wie verkeerd. Ek wil nie weer by ’n punt kom waar niemand ooit NP of DA gestem het in die verlede nie!

29 partye het aan die verkiesing deelgeneem. 13 het dit tot in die parlement gemaak. Die VF+ het sewende gekom, met 13% gegroei en ’n setel bygekry. Net drie partye, DA, UDM en VF+ het sedert 2009 gegroei. VF+ het hom nog nooit uitgegee as ’n party wat die ANC alleen by die stembus wil wen nie. Dit is die DA se onrealistiese doelwit.

Basson oordeel ons het misluk. Ek dink ons het goed gevaar. Die VF+)(Gegroei nieteenstaande ’n paar miljoen rand se DA propagandaveldtog, radio-advertensies en pamflette regstreeks op my en die VF+ gemik. Dan het ons lang debatte met Beeld gehad wat weens “tegniese misverstand” geen berig oor ons manifesbekendstelling geplaas het nie; wat ’n sewe kolom foto plaas na die DA besoek aan Solidariteit maar weens “sekere faktore” nie die VF plus se besoek in die gedrukte koerant plaas nie; wat die DA Terreblanche tugverhoor terughou tot na die verkiesing en wat die dag voor stemdag ’n berig oor Bobby wat DA stem plaas, ens

Die uitasem berigte in Beeld oor die DA se oorwinning, skep die indruk dat ons twintig jaar na 1994 naby aan die einde van die ANC-bewind is en aan die begin van die DA se regeertydperk staan. Wat ’n mistasting.

As na die uitslae gekyk word, het ons ’n sirkel voltooi.

In 2014 het die ANC 62% en die DA 22%.

In 1994 het die ANC 62 % van die steun gehad en die NP en DP saam — ook 22% (NP 20,3% en DP 1,7%).

Ons is ons presies terug waar ons in 1994 was — eintlik slegter af.

Hoekom dan slegter af?

(Omdat ons Mandela met Malema vervang het. ) President Mandela, wat in 1994 uitgereik het na alle minderhede, Afrikaners ingesluit, is in 2014 vervang met ’n jong radikale sosialistiese Malema wat in alles behalwe versoening belangstel.

Die DA het nie die antwoord nie want die meerderheid ANC ondersteuners se waardes is nader aan Malema as aan Zille.

Natuurlik het ons as Suid-Afrikaners baie gemeenskaplike belange. Basson noem van hierdie belange en sê dit is waarvoor mense DA gestem het. Korrek.

Maar in Suid-Afrika het minderheidsgroepe ook spesifieke belange. Om dit te ontken, ontken die werklikhede van Suid-Afrika. As bruin bewaarders as gevolg van regstellende aksie nie aanstellings in die Weskaap kry nie, raak dit mense regstreeks.  Dieselfde vir die Indiermeisie wat met 88% en agt onderskeiding nie vir medies gekeur word nie omdat sy nie swart is nie.

Soos die DA groter word, is dit onvermydelik dat dit nie meer die belange van al die groepe wat dit ondersteun kan behartig nie. Die meerderheid in die DA sal steeds meer eis dat die meerderheid se belange prioriteit moet geniet.  

Die hele wêreld beweeg polities weg van die ’n eenvoudige meerderheid demokratiese bestel na ingewikkelder stelsels om minderhede te beskerm ent e akkommodeer. Om watter rede sal Suid-Afrika die uitsondering wees? Of is ons net polities agter soos altyd?

8888888

Ek wil vra dat Adriaan Basson, Beeld redakteur, sy hoofartikel na die verkiesing, waarin hy my en die VF plus afskryf, uitknip en bere.

Waarom my kritiek op Bobby so ’n reaksie uitlok is omdat Adriaan Basson dit ook as kritiek op hom as Afrikaner sien. Bobby kan natuurlik stem vir watter party hy wil. Toe ek egter die rede gee wat hy aangee, moes ek reageer. Bobby het die DA propaganda sms waarin ek beskuldig word dat ek in Zuma se kabinet sit eers op sy twiiter geplaas. (dit is later verwyder) Feite is dat alle wetgewing in die Kabinetstrukture bewoord en goedgekeur word. Dan gaan dit na die parlement waar die ANC parlementslede onder dissipline van die president en ministers dit deurvoer ongeag opposisie kritiek. Die hantering van Madonsela se Nkandla verslag is ’n voorbeeld. As jy dus wetgewing wil probeer beinvloed is dit beter om dit in die begin te doen as daarna. Nou word kiesers aangespoor om die DA as opposisie sterker te maak om in die parlement veranderinge te probeer aanbring en my posisie as adj-min afgemaak . polities kortsigtig.

Hy se ek is ’n skoolmeester wat moet uittree. Ek sê hy is polities naief en kortsigtig. Omdat ek ouer as hy is, sal ek voor hom uittree. Ek wil egter nog lank lewe uit nuuskierigheid om te sien waar gaan Suid-Afrika heen.

Beeld 10 Mei Adriaan Basson

Een van die laagtepunte van vanjaar se verkiesing was die nydige aanval van ­dr. Pieter ­Mulder, leier van die VF+, op die jong sanger Bobby van Jaarsveld.

Dít omdat Bobby durf waag het om in Beeld te skryf waarom hy Woensdag vir die DA sou stem.

Asof hy Bobby se skoolhoof is, het Mulder vir die sanger ge-twiet hy moet hom eerder by musiek hou en dat Bobby kwansuis Afrikaans sou verraai deur teen die VF+ te stem.

Dít terwyl ons land dringend jongmense nodig het wat polities bewus is en aktief betrokke is by ons land se uitdagings!

Hopelik is Bobby se skouers breed genoeg dat hy hom nie steur aan Mulder se neerbuigende vermaning nie.

In Mulder se wêreld is ’n stem vir die DA verraad teen Afrikaans. Dit beteken die meeste Afrikaanssprekendes het vandeesweek hul taal verraai toe hulle vir die DA gestem het.

Watter onsin!

Die VF+ het vanjaar ’n paar duisend meer stemme gekry, maar nie genoeg vir ’n ekstra sitplek in die parlement nie.

Dat die VF+ liederlik daarin misluk het om te kapitaliseer op die DA se annus horribilis, spreek boekdele.

Die meeste Afrikaanssprekendes, ook Afrikaners, wil nie stem vir ’n klein party wat hom hoofsaaklik beywer vir minderheidsregte nie. Hulle voel nie die taal is bedreig nie.

 Adriaan Basson

Hier is my lees daarvan. Die meeste Afrikaanssprekendes, ook Afrikaners, wil nie stem vir ’n klein party wat hom hoofsaaklik beywer vir minderheidsregte nie. Hulle voel nie die taal is bedreig nie.

Hulle dans, lees, praat, baklei, vier fees en hê lief in Afrikaans.

Hulle het die “nuwe” Suid-Afrika lankal aanvaar en leef gemaklik in ’n bestel wat regeer word deur mense wat nie soos hulle lyk of klink nie.

Hulle is keelvol vir korrupsie en bekommerd oor hul kinders se opvoeding en die ekonomie.

Hulle het Woensdag pragmaties gestem: vir ’n party wat groot genoeg is om ’n verskil te maak, wat homself bewys het as ’n doeltreffende regering in die Wes-Kaap.

In Gauteng het derduisende Afrikaanse mense gestem vir ’n swart man – Mmusi Maimane – om premier te word van Suid-Afrika se ekonomiese hartland.

Dit sê nogal iets van hoe identiteitspolitiek in 20 jaar verander het, selfs vernietig is.

In KwaZulu-Natal is die DA nou die amptelike opposisie; nie meer die eens magtige IVP nie wat duisende stemme in sy heimat aan die nuweling NFP afgestaan het.

Die ACDP, Minority Front, ’n paar Moslem-partye en talle klein partye het liederlik in die hek geduik.

Die boodskap van Afrikaanse kiesers is hard en duidelik: Moet ons nie soos ’n minderheidsgroep behandel wat spesiale beskerming nodig het nie. Ons is deel van hierdie land, van sy suksesse én probleme, en ons stem vir ’n party wat diversiteit omarm én ’n verskil kan maak.

Die uitslag van hierdie verkiesing behoort die Mulders en hul partybroers tot diepe introspeksie te dwing, eerder as onnodige aanvalle op jong sangers.

Het die VF+, wat gebore is uit genl. Constand Viljoen se Volksfront, nog bestaansreg? Of behoort die party, soos die Volksfront se raison d’être – ’n Afrikaner-volkstaat – tot die asblik van die geskiedenis?​

10 kommentare

Arnold Meyer 15h a2

Adriaan is reg. ons kan trots wees daarop dat so baie Afrikaners nie omgee om vir ‘n knap swart mens te stem nie. Dis hoe dit hoort; die inhoud is belangrik, nie die kleur van die vel nie.

En die DA regeer goed in die Kaap.

Maar dit bly skrikwekkend dat hulle BBBEE in sy huidige vorm ondersteun, want dis bloot rassisties, veral en by uitstek teen wit mense van beide geslagte wat na 1994 gebore is.

Ons (wit) mense kan dit nie stop nie, ons kan net bid en glo dat regverdige swartes dit sal begin insien en mettertyd tot die besef sal kom dat swart rassisme ook verkeerd is. Dit kan nog geslagte duur; daarom het ons nog organisasies soos Afriforum nodig. Maar die VF+? Nee wat, ek dink hierdie verkiesing behoort nou die boodskap oor te dra. Jammer, want ek het nogal respek vir die Mulder-broers se geleerdheid en vaardigheid. Miskien kan hulle vorentoe nog ’n groot en goeie rol speel in SA se toekoms – sonder die VF+.

Cobus Botha 14h a2

Maar hierdie laagtepunt steek nog steeds sleg af teen Basson se neerhalende en vernederende ope brief aan ‘n onskuldige kind baie jare jonger as Bobby…

Danie du Plessis 14h a1

Beste Adriaan. Jy het nou weer die kat aan die stert beet. Die hele kwessie het nie daaroor gegaan dat Bobby DA stem nie – maar die redes wat hy daarvoor gee – wat polities onder verdenking is. Die tweede probleem was dat jy en Beeld die “onderskrywing vir die DA” op stemdag prominent plaas – met die valse aannames wat dit onderle. Dit vra daarom om gekritiseer te word. Mag Bobby nou enigiets oor die politiek se maar dit mag nie ge“challenge” word nie? Gesonde debat is die hoeksteen van Vryheid van spraak – en jy wil dit aan bande le. As Bobby hom wil uitgee vir ‘n politikus dan moet hy kan vat na sy kant toe kom. As hy (of jy) nie daarvan hou nie moes julle maar julle politieke naiiwiteit vir julle self gehou het.

Francois van Wyk 13h a2

Mooi geskryf! Ek skaam my vir Mulder se gedrag!

Carl Jordaan 12h 

Adriaan, dit is nie vir my vreemd dat so baie mense hulle rug op die Beeld as koerant draai nie. Het die Beeld nou n DA mondstuk geword wat daarop uit is om mense te beinvloed om vir n party te stem wat so naby aan die ANC begin beweeg, dat hy die belange van minderhede op die altaar sal plaas.

Danie du Plessis 12h a1

So terloops – die DA met sy 22% is ook maar net nog ‘n klein partytjie op nasionale vlak (op sy beste ’n groter klein partytjie. ‘n Party wat vir minderheidsbelange veg kan ook die ANC teenstaan – veral in koalisies met ander. Dit is nie die engiste manier om almal vir een party te stem nie (hulle kan mekaar ook sommer dan in “check” hou). As die DA redenasie waar is – hoekom stem ons nie sommer almal vir die grootste party – die ANC – nie? As die DA op sy eie die ANC wil wen sal hy hom moet oortref met al sy onheilighede.

Mossie Labuschage 11h a1

Adriaan wil jy en Beeld nou begin om van Bobby die nuwe god van S.A te maak nadat Madiba nie meer hier is nie, en waarom los julle nie ons wat vir die VF+ gestem het uit nie, dit was ons keuse, die DA stel nie in ons as Afirikaans sprekendes belang nie, net in ons stemme.

Olivier Henning 7h a1

Beeld en die ander Naspers koerante is lankal die katelknaap van die DA. Basson is maar net die mees militante giftong van die klomp. Hy gebruik die Bobbie van Jaarsveld insident om Afrikaners wat trots op hul taal en kultuur is, by te kom. Hy dink waaragtig dat lekker Afrikaanse musiek konserte en partytjies die taal in die nuwe Suid-Afrika gaan red. Sy taktiek is om diegene wat werklik hulle plig vir hulle taal en kultuur doen, af te kraak – absoluut laakbaar, soos wat net die “usefull idiots”, in die woorde van Winston Churchill regkry

Jacques Louw 2h a1

Ai, hierdie volk van my! Waarvoor is ons bang? Vir wat voel ons altyd “bedreig”…die taal, die kultuur, die godsdiens, die morele waardes en watookal nog? Minderheidsbelange? Wat ‘n klomp nonsens, gesetel in selfsug, vrees, onkunde en ’n gebrek aan perspektief. Ek is die laaste persoon wat al die streke van die ANC goedkeur, ek dink net ons sogenaamde “Afrikaners” (‘n term, terloops, wat ek nòg verstaan nòg mee identifiseer, jig!) moet meer tyd bestee om te verstaan waar ons land vandaan kom en wie ALMAL in hom leef.

Danie du Plessis 1h 

Jacques. Jy moet miskien bietjie in Europa en selfs plekke soos Ethiopie in Afrika gaan kyk hoe minderheidsgroepe ingebind is in groter eenhede en deel daarvan voel omdat hulle werklikhede polities ge- akkommodeer word. Selfs in hoogs ontwikkelde samelewings word minderhede met allerlei maatreels veilig gemaak sodat hulle ‘n produktiewe bydrae tot die groter geheel kan lewer. Dit is dus die moderne manier van politiek. Belangepolitiek is ook baie meer effektief – dink aan hoeveel die Groenes in Europa reggekry het deur die agenda vir omgewingsake te dryf – tot dit nou een van die belangrikste globale onderwerpe geword het. Magspolitiek lei tot konfrontasie en geweld. Kleiner partye wat vrywillig saamwerk is ’n beter oplossing omdat hulle mekaar op hulle tone kan hou. In koalisies kan hulle dan regerings oorneem – net tot hulle weer nuwe ooreenkomste moet beding na ‘n volgende verkiesing. Daar is dus nie ruimte vir magsbeheptheid of korrupsie nie.