On in categories
55 Maan horlosie. Dit is ’n foto van die maan-oppervlakte waarop die kraters en vlaktes wat as seë gedoop is, sigbaar is. Krater Tycho, die witkrater bo skuins onder die horlosie se twaalfpunt, is mooi sigbaar. Links onder die sekondewyser is twee donker ronde kolle. Sommige sien dit as die sogenaamde “hasie in die maan” Die onderste kol is die hasie se lyf en die boonste kol sy kop. Twee donker “ore” is bokant die boonste donker kol vir die hasie se ore. Die onderste sirkel is “Mare Serenitas” (Goedgunstige See) en die boonste sirkel “Mare Tranquillitatis” (See van Kalmte). Die eerste maanlanding, in Julie 1969 van Apollo 11, het in hierdie donker kol of “see” plaasgevind, op die plek waar die “hasie” se linkeroog net onder sy linkeroor behoort te wees.
0 likes
307 views
Leave a comment 55 Maan horlosie. Dit is ’n foto van die maan-oppervlakte waarop die kraters en vlaktes wat as seë gedoop is, sigbaar is. Krater Tycho, die witkrater bo skuins onder die horlosie se twaalfpunt, is mooi sigbaar. Links onder die sekondewyser is twee donker ronde kolle. Sommige sien dit as die sogenaamde “hasie in die maan” Die onderste kol is die hasie se lyf en die boonste kol sy kop. Twee donker “ore” is bokant die boonste donker kol vir die hasie se ore. Die onderste sirkel is “Mare Serenitas” (Goedgunstige See) en die boonste sirkel “Mare Tranquillitatis” (See van Kalmte). Die eerste maanlanding, in Julie 1969 van Apollo 11, het in hierdie donker kol of “see” plaasgevind, op die plek waar die “hasie” se linkeroog net onder sy linkeroor behoort te wees. Leave a comment